Main Content
Ervaar die rustigheid van die plaaslewe, ‘n klipgooi vanaf die gewoel en gewerkskaf van die dorp. Ruimland gastehuis is gelee 12km vanaf die middedorp van Upington. Soos die naam aandui, is ons kamers groot en ruim.
Soggens vroeg sal jy begroet word deur die gesing en gefluit van voeltjies en dalk die roep van ’n visarend in die verte.
Ruimland Gastehuis akkommodasie in Upington bestaan uit vyf semi-luukse selfsorgeenhede wat tesame 18 persone kan akkommodeer.
Die gastehuis is die ou plaasopstal wat omskep is in ‘n gastehuis. Elke gaste-eenheid het sy eie privaat ingang en badkamer. Ons linne is kraakvars en ons kamers is netjies en skoon.
Elke kamer is toegerus met ’n lugversorger (split-unit) om die somer hitte en winterkoue te verdryf. Elke gaste-eenheid het ‘n platskerm TV met beperkte DSTV kanale.
Daar is ook n nuwe swembad vir die warm sommers dae.
As jy meer ’n buite persoon is, is daar ‘n groot area waar die kinders kan rondhardloop en speel. Vir die ouer garde is daar groot bome om vir die somerson weg te kruip terwyl jy ‘n kalahari tjoppie op die kole het.
Kom onstpan by Ruimland Gastehuis

''Ruimland'' 'n Plek vir afsondering en ondersoek vir eie doen en late sonder vergelyking met die van andere.
(Dr At Kruger-Afrikaner)